Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

Inset 7: "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38).

Petrus het die skare tydens Pinkster toegespreek, en het afgesluit met 'n pleidooi in vers 38 om te bekeer, gedoop te word en dan die Heilige Gees te ontvang. Hierdie verwysing na die gawes van God se Gees is in konteks van die Apostels wat die gawe gebruik het om in tale te praat, en Petrus het verduidelik dat hulle dit gedoen het in vervulling van Joël se profesie oor die uitstorting van die wonderbaarlike gawes (Handelinge 2:16-20). Dit is derhalwe redelik om af te lei dat Petrus die gawes van die gees belowe het aan die skare wat na hom geluister het. Hierdie skare was Jode en nie heidene nie (Handelinge 2:5). Joël se profesie het op die Jode betrekking gehad. So maak Petrus dan die volgende stelling aan hulle: "Want die belofte kom julle toe en julle kinders . . ." (Handelinge 2 39), wat aansluit by Joël se profesie wat aan die Jode en hulle kinders gemaak is (Handelinge 2:17 vergelyk Joël 2:28-32). Die afleiding kan dus gemaak word dat die belofte net aan die twee geslagte gemaak is - die wat na Petrus geluister het, en hulle kinders.

Die gawes sou gedurende die twee geslagte ook aan die heidene beskikbaar wees "en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep" (Handelinge 2:39). Die heidene word ook in Efesiërs 2:14-17 beskryf as die wat "ver" is. Daar is egter goeie rede om te glo dat wat in Handelinge 2 gebeur het net 'n gedeeltelike vervulling van die woorde in Joël was.

Die volkome vervulling sal kom wanneer Israel binnegeval is en die invaller vernietig word (Joël 2:20), Israel berou kry, hulle bekeer en gelukkig in gemeenskap met hul God leef: "En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie. En daarna (met ander woorde na bogenoemde) sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien" (Joël 2:27,28). Voordat hierdie voorwaardes egter nie gesien word nie sal ons nie die volle vervulling van Joël se woorde ervaar nie.


   Back
Home
Back