Bybele Beginsels
Studie 2: Die Gees Van God.
Die Gees Van God : Definisie | Inspirasie | Gawes Van Die Heilige Gees | Die Onttrekking Van Die Gawes Van Die Heilige Gees. | Die Bybel Die Enigste Gesag. | Inset (Is Die Heilige Gees 'N Persoon?, Die Beginsel Van Verpersoonliking., Calvinisme, "Julle Sal Die Gawe Van Die Heilige Gees Ontvang" (Handelinge 2:38)., Vir Die Wat Geglo Het, Sal Hierdie Tekens Volg (Markus 16:17).) | Vrae

Inset 5: Die Beginsel Van Verpersoonliking.

Dit is 'n erkende aspek van die Bybel om nie-lewende of abstrakte dinge soos bv wysheid, rykdom, sonde, die kerk en die sonde te verpersoonlik. Die volgende voorbeelde sal hierdie punt illustreer:

WYSHEID WORD VERPERSOONLIK

"Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? (Spreuke 8:1) ; " Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap," (Spreuke 9:1).

Die verse en inderdaad die res van die hoofstukke waarin hulle voorkom, toon dat wysheid as 'n vrou verpersoonlik word. Niemand het egter as gevolg hiervan die idee dat wysheid letterlik 'n beeldskone dame is wat op die aarde rondsweef nie; almal erken dat "sy" 'n baie aantreklike karaktereienskap is wat alle mense moet probeer kweek.

RYKDOM WORD VERPERSOONLIK

" Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!" (Mattheüs 6:24).

Hier word rykdom aan 'n heer gelyk gestel. Baie mense probeer hard om rykdom te bekom en sodoende word dit hulle meester. Jesus se boodskap is dat ons nie dit kan doen, en vir God ook op 'n aanvaarbare manier dien nie. Die boodskap is eenvoudig en effektief maar niemand neem aan dat rykdom 'n man met die naam "Mammon" is nie.

SONDE WORD VERPERSOONLIK

"Ek sê vir julle: . elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is" (Johannes 8:34).

"…. soos die sonde geheers het in die dood,…." (Romeine 5:21).

"Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?" (Romeine 6:16).

Soos in die geval van rykdom, word die sonde hier gelyk gestel aan 'n meester van "knegte" (sondaars) wat hom dien. Geen redelike interpretasie van bogenoemde vers regverdig 'n aanname dat Paulus leer dat sonde 'n werklike persoon is nie.

DIE GEES VERPERSOONLIK

" Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie,….(Johannes 16 13).Jesus vertel hier vir sy dissipels dat hulle die krag van die Heilige Gees sou ontvang en dit het gebeur tydens Pinkster. Ons lees in Handelinge 2:3,4: "Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees . . .", wat aan hulle ongelooflike krag gegee het om wonderbaarlike dinge te doen ten einde te kon bewys dat hulle gesag van God was. Die Heilige Gees was nie 'n persoon nie, dit was 'n krag, maar wanneer Jesus daarvan gepraat het, verpersoonlik hy dit deur daarvan te praat as "hy".

Johannes noem die Heilige Gees egter "dit" (met ander woorde 'n neutrale abstrakte konsep) in 1 Johannes 2:27 " . . . so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié ("dit" in die oorspronklike Grieks) julle geleer het, so moet julle in Hom ("dit" in die oorspronklike Grieks) bly.

DIE DOOD VERPERSOONLIK

" En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood,…." (Openbaring 6:8).

DIE VOLK ISRAEL VERPERSOONLIK

" Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Jy sal jou weer versier met jou tamboeryne en uittrek in die koordans van die spelers" (Jeremia 31:4).

" Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God" (Jeremia 31:18).

Die konteks van hierdie verse wys duidelik dat die profeet nie na 'n letterlike maagd of 'n persoon genoem Efraim verwys nie, maar na die volk Israel wat verpersoonlik word.

DIE GELOWIGES IN CHRISTUS VERPERSOONLIK

  • " . . . totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;" (Efesiërs 4:13)

  • " Dit is een liggaam…." (Efesiërs 4:4).

  • "Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik" (1 Korinthiërs 12:27).

  • " Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam." (Efesiërs 5:23).

  • " En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. . . . Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;" (Kolossense 1:18,24).

  • " …die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak" (Openbaring 19:7).

Dit is duidelik dat hierdie verse na die mense wat ware gelowiges in Christus is, en wat soms die "kerk" genoem word, verwys. Hulle moet egter nie met die huidige ortodokse kerke, wat al lank gelede nie meer die ware gelowiges in Christus is nie, verwar word nie. Die ware gelowiges, met ander woorde die wat die ware leerstellings aanhang en glo, word na verwys as 'n "maagd", wat die reinheid van die lewens wat hulle moet lei aandui.

Hulle word ook heel gepas 'n "liggaam" genoem omdat hulle ook baie lede het wat verskillende verantwoordelikhede en funksies moet uitvoer. As die kerk egter 'n "liggaam" genoem word dink niemand verkeerdelik dat dit 'n individu is nie.


   Back
Home
Back