Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | Wêreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.2.1 Die gebruik van geweld

Ons lewe in 'n wêreld wat oorheers word deur die sonde. Ons het in Seksie 6.1 gesien dat menslike regerings "die duiwel" genoem kan word omdat hulle strewes rondom die begeertes van die vlees (die Bybelse "duiwel"), gaan. Die herhaalde boodskap van die Bybel is dat dit in die kort termyn sal blyk dat sonde en die saad van die slang sal seëvier, maar dat die saad van die vrou, na tydelike lyding op verskeie maniere , uiteindelik sal oorwin. Dit is vir hierdie rede dat die gelowige aanhoudend beveel word om nie "kwaad met kwaad te vergeld nie" (Mattheüs 5:39; Romeine 12:17; 1 Thessalonicense 5:15; 1 Petrus 3:9).

Ons het gesien dat onheil uiteindelik toegelaat en beheer word deur God (Jesaja 45:7; Amos 3:6 vergelyk Studie 6:1). As ons dan op 'n daadwerklike fisiese manier onheil weerstaan, veg ons teen God. Dit is hoekom Jesus ons beveel om nie fisies die magte van onheil te weerstaan nie: " Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry" (Mattheus 5:39,40).Christus is die voorbeeld hierin: "Ek het my rug gegee vir die wat slaan . . . " (Jesaja 50:6).

Om iemand te dagvaar voor 'n hof, word in Christus se woorde, vereenselwig met die aktiwiteite van 'n wêreld wat gekant is teen die gelowige. Om dit te doen is 'n baie goeie voorbeeld van onheil weerstaan, en sal nie deur enigiemand gedoen word wat 'n sterk geloof het in God se belofte nl. "Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here" (Romeine 12:19). Ons lees in Spreuke 20 vers 22: "Moenie sê: Ek wil die kwaad vergeld nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help." Vergelyk ook Deuteronium 32:35. Dit is vir hierdie rede dat Paulus die Korinthiërs kwaai bestraf omdat hulle ander hof toe gevat het (1 Korinthiërs 6:1-7).

Omdat ons so 'n wonderlike hoop het, moet ons nie so besorg wees oor die ongeregtighede van die huidige lewe nie: "Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek . . . Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie?" (1 Korinthiërs 6:1,2). Om ander hof toe te vat, of dit nou oor 'n grond geskil of 'n egskeiding gaan, sal dus ondenkbaar wees vir die ware gelowige.

Om die magte van onheil te onderdruk, gebruik menslike regerings militêre- en polisiemagte. Hierdie is geinstitusionaliseerde vorms van die weerstand van onheil, en derhalwe moet die ware gelowige geen deel in hulle hê nie. "Almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan" (Mattheüs 26:52). Hier word 'n baie ou Goddelike beginsel herhaal: "Hy wat die bloed van 'n mens vergiet (doelbewus), sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak" (Genesis 9:6). Enige doelbewuste geweld teen ons medemens is dus geweld teen God, tensy Hy dit goedgekeur het.

Onder die Christelike bedeling, is vir ons gesê: "Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg" (Mattheüs 5:44; Lukas 6:27). Die gewapende- en polisiemagte werk in direkte teenstelling met hierdie beginsels en die ware gelowige sal dus alle verbintenis met hulle vermy. Al is 'n mens nie direk betrokke by die pleging van geweld nie, is dit nogtans onraadsaam om binne hierdie organisasies te werk; inderdaad is enige so 'n werk wat verlang dat ons 'n eed van getrouheid aan hulle maak, iets wat ons die vryhied van gewete ontneem om God se bevele te gehoorsaaam. Ware gelowiges het dus nog altyd gewetensbeswaar gehad teen militêre en polisiediens in watter vorm ookal, maar was nog altyd gewillig om alternatiewe werk te doen in tye van nasionale krises.


  Back
Home
Next