Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | Wêreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.3.2 Gebed

Gebed is van uiterste belang in ons lewens. Paulus herinner ons daaraan dat daar "een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus (is), wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal", en dan beklemtoon hy die praktiese gevolg van 'n begrip van Christus se werk: "Ek wil dan hê dat die manne op elke plek bid . . . sonder toon en twis" (1 Timotheüs 2:5-8)."Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word" (Hebreërs 4:15-16).

As ons regtig verstaan dat Christus ons persoonlike Hoë Priester is, wat ons gebede baie sterk aan God offer, sal ons gereeld in geloof bid. Maar gebed moet nie net 'n lys wees van wat ons wil hê nie; dit moet danksegging vir maaltye wees, vir veilige bewaking na reise, en vir so baie ander dinge waarvoor ons dankbaar moet wees.

Dit sal al klaar 'n gevoel van vrede op ons bring deur net ons probleme voor God in gebed te plaas. Niks is ooit te nietig om oor te bid nie. "Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus" (Filippense 4:6,7).

As ons gebede volgens God se wil is, sal hulle sekerlik verhoor word (1 Johannes 5:14). Ons kan weet wat God se wil is deur Sy Woord te bestudeer, wat Sy Gees / denke aan ons openbaar. So sal ons deur Bybelstudie nie net leer hoe om te bid nie, maar ook waarvoor ons moet bid, en so word ons gebede dan kragtig. Jesus sê vir ons: "As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry" ( Johannes 15:7).

Daar is baie voorbeelde van gereelde gebed in die Skriftuur (Psalm 119:164; Daniël 6:11). Oggend en aand, met 'n paar kort dankie-sê gebede deur die dag, moet gesien word as die minimum.


  Back
Home
Next