Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | Wêreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.3 Praktiese Christen Lewenswyse

11.3.1 Bybelstudie

Na ons doop moet ons "vrug tot heiligmaking" voortbring, en moet ons lewe deur die Gees, eerder as die vlees, gelei word (Romeine 6:22; 8:1; Galasiërs 5:16,25). Dit is deur God se Woord wat in ons is dat ons geestelike vrug dra (Johannes 15:7,8). Ons het gesien dat ons gelei word deur die Gees in die sin dat God se Gees in Sy Woord is. Regdeur ons lewe moet ons naby daardie Woord bly deur dit gereeld te lees en te bestudeer.

'n Bedagsame studie van die Bybel lei daartoe dat 'n mens besef hoe noodsaaklik dit is om gedoop te word, en dan geestelik te groei. Die invloed van die Woord op ons dade en ons alledaagse lewe moet 'n aanhoudende proses wees; die doop is maar die eerste stap in 'n leeftyd van gehoorsaamheid aan God se Woord. Daar is egter 'n groot gevaar dat ons lees sonder dat ons konsentreer, of toelaat dat die Woord ons beïnvloed (sien Bylae 2). Vir hierdie rede is dit wys om 'n kort gebed te doen elke keer voordat ons lees: "Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet" (Psalm 119:18).

Die Woord van God moet ons daaglikse kos wees – inderdaad moet ons afhanklikheid daarvan, en ons natuurlike begeerte daarvoor, groter wees as ons instinktiewe aptyt vir fisiese kos: "Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart" (Jeremia 15:16). Om elke dag tyd te maak vir gereelde Bybellees is dus uiters noodsaaklik.

30 Minute se ongehinderde Bybelstudie vroeg in die oggend sal sorg dat ons elke dag met die regte geestelike gemoed begin. Sulke geloofvormende gewoontes sal van oneindige waarde wees met die oordeelsdag.

Om die natuurlike tendens om slegs daardie gedeeltes van die Skriftuur te lees waartoe ons aangetrokke voel, te vermy, het Christadelphians 'n leesprogram opgestel wat die lees van 'n paar hoofstukke per dag behels. As die program elke dag gevolg word, word die Ou Testament een keer, en die Nuwe Testament twee keer, in die loop van 'n jaar deurgelees. Soos ons die hoofstukke dag vir dag lees, kan ons bemoedig word deur die wete dat duisende ander gelowiges dieselfde hoofstukke lees. Wanneer ons ookal ontmoet, het ons 'n onmiddellike band; die hoofstukke wat ons pas gelees het behoort dan die basis te wees van ons gesprek.


  Back
Home
Next