Bybele Beginsels
Studie 11: 'n Lewe in Christus
Inleiding | Heiligheid | Die gebruik van geweld | Die politiek | Wêreldse plesier | Bybelstudie | Gebed | Verkondiging | Kerklewe | Die breek van brood - Nagmaal. | Die Huwelik | Gemeenskap | Vrae

11.2 Heiligheid

"Heilig, heilig, heilig is die HERE" (Jesaja 6:3). Die driedubbele beklemtoning van hierdie vers is een van 'n menigte skrifgedeeltes wat die heiligheid van God beklemtoon. Die basiese betekenis van die woord "heiligheid" is 'afsondering' – beide afsondering van onheilige dinge en afsondering tot geestelike dinge. Ons word gevra om "navolgers van God" te wees, soos Sy eie geliefde kinders (Efesiërs 5:1). 1 Petrus 1:15, 16 sê duidelik : "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: 'Wees heilig, want ek is heilig.'

Natuurlike Israel is uit Egipte uit geroep deur hulle "Rooi See doop" om 'n "heilige nasie" te wees (Exodus 19:6). Na ons doop word ons as geestelike Israel geroep met 'n 'heilige roeping' (2 Timotheüs 1:9). Na ons doop moet ons onsself "diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking" (Romeine 6:19,22).

Omdat heiligheid so 'n essensiële deel van God is, moet dit vir almal wat probeer om "navolgers van God" te wees, van die uiterste belang te wees. As ons dit in hierdie lig sien, sal ons "deelagtig aan sy heiligheid" word (Hebreërs 12:10) wanneer ons deelgenote word van Sy natuur (2 Petrus 1:4). Sonder heiligheid in hierdie lewe sal 'n gelowige "die Here nie sien nie" (Hebreërs 12:14) – met ander woorde, hy sal nie vir God kan sien of op 'n persoonlike vlak met Hom in die Koninkryk kan verkeer as hy nie heiligheid in hierdie lewe getoon het nie.

Hierdie wonderlike hoop wat aan ons gegee word beteken dat ons onsself moet afsonder van die wêreld om ons wat nie hierdie hoop het nie. Ons "afsondering" moet dus nie iets wees wat ons voel op ons afgedwing is nie.

Ons sal nou kyk na sommige van die dinge waarvan ons onsself moet afsonder, en dan sal ons in Studie 11.3 sien waarheen ons onsself afsonder in praktiese terme.


  Back
Home
Next