Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En Reïnkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

Inset 12: Spoke En Reïnkarnasie

Die geloof dat 'n mens voortgaan om te leef in die vorm van 'n ander persoon of dier, deur die oordrag van sy gees, was een van die vroegste gedagtes waardeur die mens probeer het om homself te oortuig dat die dood nie so finaal kon wees as wat dit geblyk het nie.

Ons het gewys dat die gees van die mens verwys na die asem/lewenskrag in hom. Hierdie asem / lewenskrag keer terug tot God wanneer ons sterf (Prediker 12:7). Dit beteken dat hierdie gees nie rondbeweeg as 'n "spook" nie, ook is dit nie vry om 'n ander persoon of dier in besit te neem sodat sy persoonlikheid as sodanige kan voortleef nie. Ons sal elkeen geoordeel word op grond van ons eie werke (2 Korinthiërs 5:10). Indien ons aksies en karakter afhanklik is van iemand anders se karakter, maak dit die konsep van God wat oordeel en beloon op grond van ons werke (Openbaring 22:12), 'n totale klug.

Die gees keer terug tot God met die dood en alle bewustheid kom tot 'n einde . Enige poging om die dode te kontak wys dus op 'n ernstige wanbegrip van die breedvoerige lering van die Bybel rondom hierdie saak (sien Jesaja 8:19,20). Die Bybel stel dit duidelik dat mense nie terugkeer na hul huise of stede na hul dood nie; daar kan nie so iets wees soos 'n gees of spook wat 'n plek teister na 'n persoon se dood nie. Job 20:7-9 stel dit in duidelike terme: "soos sy eie drek vergaan hy (die mens) vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie…..Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie". Job 7:9,10 is soortgelyk: "so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie. Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie". 'n Nederige aanvaarding van die Bybelse lering sal ons noop om enige aanspraak van die gevaar van spoke, wat huise en mense teister, te ignoreer. Sulke wedervaringe kan op die beste slegs 'n truuk van die verbeelding wees.


  Back
Home
Next