Bybele Beginsels
Studie 4: God En Die Dood
Die Menslike Natuur | Die Siel | Die Gees Van Die Mens | Dood Is Onbewustheid | Die Opstanding | Die Oordeel | Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde? | Verantwoordelikheid Teenoor God | Hel | Inset (Die Vagevuur, Spoke En Reïnkarnasie, Met Watter Natuur Sal Ons Opgewek Word?, Die Wegraping) | Vrae

4.7 Die Plek Van Beloning: Hemel Of Aarde?

Behalwe vir die genoemde redes sal enigeen wat steeds van die opinie is dat die hemel, en nie die aarde nie, die ligging van God se Koninkryk is , ook bereid moet wees om die volgende punte weg te redeneer:-

  • Die ‘Onse Vader’ vra vir God se Koninkryk om te kom (d.i. 'n bede vir die wederkoms van Christus), waardeur God se wil hier op aarde sal geskied soos in die hemel (Mattheüs 6:10). Ons bede is dus vir God se Koninkryk om op aarde gevestig te word. Dit is 'n tragedie dat duisende mense daagliks hierdie woorde bid maar steeds glo dat God se Koninkryk tans volledig gevestig is in die hemel en dat die aarde uiteindelik vernietig sal word.

  • "Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe" (Mattheüs 5:5) – nie ‘…want hulle siele sal in die hemel opgeneem word nie’. Mattheüs verwys na Psalm 37, wat beklemtoon dat die finale beloning vir die regverdiges op aarde sal wees. Op hierdie selfde aarde, waar die kwaaddoeners en goddeloses tans tydelik regeer, sal die regverdiges beloon word met die ewige lewe en hulle sal die aarde besit (Psalm 37:34,35).

  • "Die ootmoediges … sal die aarde besit…. want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit… Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon" (Psalm 37:11,22,29). Om vir ewig op die aarde / beloofde land te woon beteken dat 'n ewige lewe in die hemel onmoontlik is.

  • "Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is…Dawid het nie in die hemele opgevaar nie" (Handelinge 2:29,34). Petrus verduidelik dat Dawid se hoop was om uit die dode opgewek te word met Christus se wederkoms (Handelinge 2:22-36).

  • Die aarde is die arena vir God se omgang met die mens: "Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee" (Psalm 115:16).

  • Openbaring 5:9,10 vertel van 'n visie van wat die regverdiges sal sê wanneer hulle aanvaar word by die oordeelstoel: "(Christus) het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers". Hierdie beeld van om te regeer in God se Koninkryk op aarde is ver verwyder van die vae opvatting dat ons "saligheid" iewers in die hemel sal verkry.

  • Die profesieë in Daniël hoofstukke 2 en 7 skets 'n opeenvolging van politieke moondhede, wat uiteindelik vervang word met die Koninkryk van God met Christus se wederkoms. Die heerskappy van hierdie Koninkryk sal wees "onder die ganse hemel", en sal "die hele aarde" vul (Daniël 7:27; 2:35 vergelyk vers 44). Hierdie ewige Koninkryk word "gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste" (Daniël 7:27); hulle beloning is dus die ewige lewe in hierdie Koninkryk wat op aarde gevestig sal word, onder die hemele.


  Back
Home
Next