Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

Inset 30: Her-Doop

Sommige mense voel huiwerig om gedoop te word as hulle alreeds volgens hulle denke 'n soort "doop" ondergaan het. Dit kan of wees dat hulle as babas besprinkel was of in 'n ander kerk onderdompel was. Daar moet egter voor die doop 'n bekering en 'n korrekte geloof in die ware Evangelie wees (Handelinge. 2:38; Markus 16:15,16). Die doop is slegs 'n doop as hierdie dinge aanwesig is voor die onderdompeling in water.

Mattheüs 28:19,20 maak dit duidelik dat die aanhoor van 'n verduideliking van die lering van Christus die doop vooraf moet gaan. 'n Jong kind is nie in staat om die Evangelie te verstaan of tot bekering te kom nie. Besprinkeling is ook in elk geval nie doop nie. 'n Swemmer wat in 'n swembad induik word onderdompel, maar dit is nie 'n doop nie omdat die persoon dit nie doen in reaksie op die vereiste van die Evangelie nie. Dieselfde geld vir diegene wat onderdompel word terwyl hulle valse leringe glo; hulle was onderdompel maar nie gedoop nie.

Daar is net "een geloof" m.a.w. een "stel" ware leringe wat die ware Evangelie uitmaak. Derhalwe is daar net "een doop" – die doop wat volg na die glo van die "een geloof". Daar is net "een liggaam (m.a.w. een ware kerk) net soos julle geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop, een God, . . ." (Efesiërs 4:4-6). Daar is nie twee of meer gelowe (of hope) nie – alhoewel baie so glo aangesien hulle sê dat dit nie saak maak of jy glo jy gaan hemel toe of dat die ewige lewe op aarde sal wees nie. Daar is net "een God" – Jesus is dus nie God nie. Dit volg dus dat ons, as ons gedoop was en nie die ware leringe soos die Koninkryk van God, die natuur van Jesus, ens. verstaan het nie, ons "doop" nie geldig was nie.

Handelinge 19:1-5 wys hoe sommige mense wat deur Johannes gedoop is, weer gedoop moes word omdat hulle kennis oor sekere leringe totaal ontbreek het. Net soos hierdie mense wat weer gedoop was mag sommige vandag voel dat hulle met hul eerste "doop" 'n opregte bekering gehad het en 'n nuwe begin gemaak het. Dit mag so wees maar dit neem nie die nodigheid weg dat hulle die "een (ware) doop" moet ondergaan nie. Die doop wat net kan geskied nadat die elemente van die "een geloof" begryp is.


  Back
Home
Next