Bybele Beginsels
Studie 10: Die Doop
Die Lewensbelangrikhied Van Die Doop | Hoe Moet Ons Gedoop Word ? | Die Betekenis Van Die Doop. | Die Doop En Saligheid | Inset (Her-Doop, Die Vlak Van Kennis Wat Vereis Word Voor Die Doop, Die Dief Aan Die Kruis, 'N Voorbeeld Van 'N Doopdiens) | Vrae

10.2 Hoe Moet Ons Gedoop Word ?

Daar is 'n algemene siening dat die doop d.m.v besprinkeling van water aan hul voorkoppe, aan babas toegedien kan word. Dit is egter in skrille kontras met die Bybel se vereiste van die doop.

Die Griekse woord "baptizo" wat as "doop" vertaal word in die Bybel beteken NIE om besprinkel te word nie. Dit beteken om totaal onderdompel te word in 'n vloeistof. Die woord word in klassieke Grieks gebruik in terme van skepe wat sink en sodadanig "gedoop" (onderdompel) word in water.Dit word ook gebruik in terme van 'n kledingstuk wat van een kleur na 'n ander gekleur word, deurdat dit in die kleurstof gedompel word en heeltemal toe is onder die vloeistof.

Om kleurstof op te sprinkel sal nie werk nie. Dat onderdompeling inderdaad die regte manier van doop is, is duidelik in die volgende verse :

  • "En Johannes was ook besig om te doop in Enan naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop" (Johannes 3:23). Dit wys dat "baie water " nodig is vir die doop. As dit deur bespringkeling gedoen word, sou hy met net 'n emmer water reg gekom het vir honderede mense. Die mense het hier op die wal van die Jordaan rivier bymekaargekom, eerder as wat Johannes rondgeloop het met 'n houer water.

  • Jesus was ook deur Johannes in die Jordaan rivier gedoop: "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim..." (Mattheüs 3:13-16). Sy doop was duidelik deur middel van onderdompeling. Een van die redes waarom Jesus gedoop is, was om 'n voorbeeld te wees, sodat niemand in alle erns kan sê dat hulle hom volg sonder om self gedoop te word deur middel van onderdompeling nie.

  • Filippus en die hofdienaar van Ethiopië het " altwee in die water afgeklim.... En hy het hom gedoop. En toe het hulle uit die water opgeklim" (Handelinge 8:38 - 39). Onthou dat die hofdienaar gevra het om gedoop te word nadat hy die water gesien het: "Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? " (Handelinge 8:36). Dit is amper seker dat die man nie 'n reis deur die woestyn sou aanpak sonder die nodige water nie. As die doop besprinkeling was, sou die oase nie nodig gewees het nie.

  • Die doop is 'n begrafnis, (Kolossense 2:12) waarin ons heeltemal toegegooi word.

  • Die doop word ook die "afwas" van sonde genoem (Handelinge 22:16). Ware bekering word verbind met 'n wassing in Openbaring 1:5; Titus 3:5; 2 Petrus 2:22; Hebreërs 10:22. Hierdie taalgebruik bewys sonder twyfel dat die doop deur onderdompeling plaasvind.

In die Ou Testament kry ons gedeeltes wat beskryf dat die aanvaarbare manier om God te nader deur een of ander vorm van was vooraf gegaan is.

Die priesters moes totaal en al gewas word in 'n bad voordat hulle tot God genader het (Levitikus 8:6 ; Exodus 40:32).Die Israeliete moes hulleself was om ontslae te raak van sekere onreinhede (Deuteronomium 23:11) wat sonde verteenwoordig het. 'n Man genaamd Naäman was 'n nie-Joodse melaatse wat genesing verlang het van die God van Israel. So verteenwoordig hy die mens in sonde verval. Hy sou doodgaan. Sy redding ( so het Elisa beveel) sou kom wanneer hy homself sewe maal in die Jordaan rivier was. Aanvanklik het hy hierdie idee moeilik gevind om te aanvaar. Hy het iets meer dramaties verwag, of ten minste 'n groter en meer bekende rivier. Byvoorbeeld die Abana. Net so is dit dalk moeilik vir ons om te glo dat ons deur so 'n eenvoudige handeling gered kan word. Dit is meer aantreklik om te dink dat ons gered sal word deur assosiasie met 'n groter kerkgroep (die Albana rivier), eerder as 'n eenvoudige handeling en 'n ware verbintenis met die hoop van Israel. Nadat hy homself in die Jordaan gewas het, lees ons " sy vlees het teruggekeer soos die vlees van 'n jong seun, en hy het rein geword" (2 Konings 5:9-14).

Daar behoort nou geen twyfel te wees dat die doop verwys na totale onderdompeling in die water, nadat ons eers die basiese boodskap van die Evangelie verstaan het. Hierdie Bybels gegronde definisie maak geen melding van die persoon wat die ander een fisies doop nie. Omdat ons glo dat die doop volgens die Evangelie onderdompeling beteken, is dit teoreties moontlik om jouself te doop. Omdat die doop net die doop is wanneer ons dit reg verstaan, is dit belangerik om deur 'n persoon gedoop te word wat ook die ware leerstellings glo. Hy kan vastel wat die graad van die persoon se kennis is voor hy gedoop word.

Daarom is daar 'n tradisie onder Christadelphians om 'n onderhoud te voer met die kandidaat vir die doop. 'n Lys vrae soos gevind aan die einde van elke studie in hierdie boek, kan moontlik die basis vorm vir so 'n "onderhoud".

Christadelphians het al duisende kilometers afgelê om selfs net een persoon te help om gedoop te word – so wonderlik is die kans dat een persoon die hoop van die ewige lewe verstaan en aanvaar dat ons nie deur getalle afgesit word nie. Kwaliteit eerder as kwantiteit is die sleutel tot ons benadering.


  Back
Home
Next