Bybele Beginsels
Studie 8: Die Natuur Van Jesus
Die Natuur Van Jesus: Inleiding | Verskille Tussen God En Jesus | Jesus Se Natuur | Die Menslikheid Van Jesus | Die Verwantskap Van God Met Jesus | Inset ("Wat In Die Gestalte Van God Was") | Vrae

8.5 Die Verwantskap Van God Met Jesus

Kom ons kyk na die verwantskap tussen God en Jesus, vir wie God uit die dode laat opstaan het. As hulle gelyk was en saam vanaf ewigheid bestaan het, soos die leer van die drie-eenheid verklaar, dan sou ons verwag dat hulle verwantskap die van gelykes moet wees. Ons het egter reeds genoegsame bewys gesien dat dit nie die geval kan wees nie. Die verwantskap tussen God en Christus is soortgelyk aan die tussen 'n man en vrou wat getroud is: "Christus (is) die hoof van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus" (1 Korinthiërs 11:3). Soos die man die hoof is van die vrou, so is God die hoof van Christus, alhoewel hulle dieselfde eenheid m.b.t. doelstellinge het, soos wat tussen 'n man en sy vrou moet bestaan. Dus "behoort Christus aan God" (1 Korinthiërs 3:23), soos die vrou aan haar man behoort.

God die Vader word dikwels na Christus se God verwys. Die feit dat God beskryf word as "die God en Vader van onse Here Jesus Christus" (1 Petrus 1:3 ; Efesiërs 1:17), selfs na Christus se opvaring na die hemel, wys dat dit nou hulle verwantskap is, net soos dit in Christus se sterflike lewe gewees het. Mense wat glo in die drie-enigheidsleer sê soms dat Jesus net gedurende sy lewe op aarde 'n laer status as God gehad het. Maar die briewe in die Nuwe Testament is 'n hele paar jaar na Christus se hemelvaart geskryf, en steeds word van God gepraat as Christus se God en Vader.

Jesus beskou steeds vir die Vader as sy God. Openbaring, die laaste boek van die Nuwe Testament, is ten minste 30 jaar na Christus se verheerliking en hemelvaart geskryf, tog praat dit van God as "sy (Christus se) God en Vader" (Openbaring 1:6). In hierdie boek het die opgestane en verheerlikte Christus boodskappe aan die gelowiges gegee. Hy praat van "die tempel van my God . . . die Naam van my God . . . die stad van my God" (Openbaring 3:12). Dit bewys dat Jesus selfs nou aan die Vader as Sy God dink, en dus is hy (Jesus) nie God nie.

Tydens Jesus se sterflike lewe was die verwantskap met sy Vader soortgelyk. Hy het gesê hy vaar op na "my Vader en julle Vader, na my God en julle God" (Johannes 20:17). Aan die kruis het Jesus sy menslikheid ten volle openbaar: "My God, My God, waarom het U my verlaat?" (Mattheüs. 27:46). Sulke woorde is onmoontlik om te verstaan as hulle deur God self gespreek is. Die feit dat Jesus "smekinge met sterk geroep en trane" aan God gerig het, wys die ware aard van hulle verhouding (Hebreërs 5:7 ; Lukas 6:12). Uit die aard van die saak kan God nie vir Homself bid nie. Ons het gewys dat Christus se verwantskap aan God gedurende sy sterflike lewe basies dieselfde was as wat dit nou is. Christus het vir God gesien as sy Vader en sy God, en het tot Hom gebid; dit is ook nou die posisie, na Christus se opstanding en hemelvaart. Tydens sy lewe op aarde was Christus God se kneg (Handelinge 3:13,26 (Engelse NIV); Jesaja 42:1; 53:11). 'n Dienskneg doen sy meester se wil, en is geensins gelyk aan hom nie (Johannes 13:16). Christus beklemtoon dat al die mag en gesag wat hy het, van God is, en hy sê in Johannes 5:30 en 19 : "Ek kan uit Myself niks doen nie . . . ek soek die wil van die Vader wat My gestuur het . . . die Seun kan niks uit Homself doen nie."


  Back
Home
Next