Bybele Beginsels
Studie 8: Die Natuur Van Jesus
Die Natuur Van Jesus: Inleiding | Verskille Tussen God En Jesus | Jesus Se Natuur | Die Menslikheid Van Jesus | Die Verwantskap Van God Met Jesus | Inset ("Wat In Die Gestalte Van God Was") | Vrae

8.3 Jesus Se Natuur

Die woord "natuur" verwys na wat ons van nature, fundamenteel is. Ons het in Studie 1 gewys dat die Bybel van twee nature praat - die van God, en die van die mens. Van nature kan God nie sterf of versoek word nie. Dit is duidelik dat Christus gedurende sy lewe nie God se natuur gehad het nie. Hy was dus geheel en al van menslike natuur. Van ons definisie van die woord "natuur" behoort dit duidelik te wees dat Christus nie twee nature op dieselfde tyd gehad het nie. Dit was noodsaaklik dat Christus soos ons versoek word (Hebreërs 4:15) sodat deur sy volkome oorwinning oor versoeking, hy vergifnis vir ons kon kry. Die verkeerde begeertes wat die basis is van ons versoekinge, kom van binne ons (Markus 7:15-23), van binne ons menslike natuur (Jakobus 1:13-15). Dit was dus nodig dat Christus van menslike natuur moes wees sodat hy hierdie versoekinge kon ervaar en oorwin.

Hebreërs 2:14-18 verduidelik dit:-"Aangesien die kinders (ons) dan vlees en bloed deelagtig is (menslike natuur), het hy (Christus) dit (die menslike natuur) ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat hy deur die dood hom tot niet kon maak . . die duiwel . . . Daarom moes hy in alle opsigte aan sy broers gelyk word, sodat hy 'n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees . . . om die sondes van die volk te versoen. Want deurdat hy self onder versoeking gely het, kan hy die help wat versoek word."

Hierdie gedeelte plaas buitengewone klem op die feit dat Jesus menslike natuur gehad het: "Hy het dit ook (vlees en bloed) op dieselfde manier deelagtig geword" (Hebreërs 2:14). Dit was noodsaaklik dat Christus menslike natuur moes hê. Hy moes "in alle opsigte aan sy broeders gelyk word" (Hebreërs 2:17) sodat God vir ons vergifnis kon gee deur Christus se offer. Om te sê dat Jesus nie totaal en al van menslike natuur was nie, is om onkundig te wees oor die basiese begrip van die goeie nuus van Christus.

Wanneer gedoopte gelowiges sondig, kan hulle na God toe kom en hulle sondes bely in gebed deur Christus (1 Johannes 1:9). God is bewus daarvan dat Christus in versoeking gekom het om te sondig presies soos hulle, maar dat hy volmaak was en versoekings wat hulle voor swig, oorwin het. Juis hieroor kan God ons vergewe (Efesiërs 4:32). Dit is dus uiters noodsaaklik om te verstaan hoe Christus net soos ons versoek is en dit kon net moontlik wees as hy ons natuur gehad het. Hebreërs 2:14 sê duidelik dat Christus 'n "vlees en bloed" natuur gehad het om dit moontlik te maak. "God is Gees" (Johannes 4:24) van natuur en alhoewel Hy 'n materieële liggaam het, het Hy as "Gees" nie vlees en bloed nie. Omdat Christus 'n natuur van vlees gehad het, kon hy onmoontlik nie God se natuur gedurende sy leeftyd gehad het nie.

Vorige pogings deur mense om God se woord te hou, d.w.s om versoeking totaal te oorwin, het almal misluk. Daarom het God "deur Sy eie seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit terwille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees" (Romeine 8:3).

"Sonde" verwys na die natuurlike geneigdheid tot sonde wat ons van nature het. En "die loon van die sonde is die dood". Om uit hierdie toestand gered te word, het die mens hulp van buite nodig gehad. Hy was nie self in staat daartoe om volmaak te word nie. God het derhalwe tussen beide getree en vir ons Sy eie Seun, wat ons "sondige vlees" gehad het, gegee. Net soos ons het Jesus die drang gehad om te sondig. Maar anders as enige ander mens, het Christus elke versoeking oorwin, alhoewel die moontlikheid om te faal en te sondig altyd daar was, presies net soos dit met ons is.

Romeine 8:3 praat van Christus se menslike natuur as "sondige vlees". Net voor dit (Romeine 7:18-23), praat Paulus van die vlees waarin "niks goeds woon nie", en hoe die vlees van nature in stryd is met gehoorsaamheid aan God. In hierdie konteks is dit dan so merkwaardig om te lees dat Christus "sondige vlees" gehad het (Romeine 8:3). Dit is juis hieroor, en sy oorwinning van daardie vlees , dat ons 'n weg het om van ons vlees bevry te word; Jesus was intens bewus van die sondigheid van sy eie natuur. Hy is eenkeer aangespreek as "Goeie meester", met die implikasie dat hy "goed" en volmaak van nature was.

Hy het geantword: "Waarom noem jy my goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God" (Markus 10:17,18). Op 'n ander geleentheid het mense begin praat oor hoe wonderlik hy is, na 'n reeks wonderwerke wat hy gedoen het. Jesus het nie probeer munt slaan hieruit nie "omdat hy almal geken het en omdat hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want hy self het geweet wat in die mens is" (Johannes 2:23-25). Weens sy groot kennis van die menslike natuur, wou Christus nie hê dat mense hom persoonlik loof nie, omdat hy geweet het hoe sondig sy eie menslike natuur was.


  Back
Home
Next