Bybele Beginsels
Studie 3: Die Beloftes Van God.
Die Beloftes Van God : Inleiding | Die Belofte In Eden | Die Belofte Aan Noag | Die Belofte Aan Abraham | Die Belofte Aan Dawid | Inset (Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde, Die Aansprake Van "Britse Israelisme") | Vrae

Inset 10: Die Aansprake Van "Britse Israelisme"

Die gedagte is voorgelê deur mense soos H.W. Armstrong se "Plain Truth" organisasie dat die beloftes aan Abraham vervul is in die Britte en die Amerikaners wat, so word dit beweer, die stamme van Efraim en Manasse is. Lede van die "British Israelites" beweging glo dat die konings en koninginne van Engeland afstammelinge is deur die lyn van Juda wat met koning Dawid begin het.

Om hulle teorieë te regverdig, moes hulle tot die gevolgtrekking kom dat die Jode verwerp is as God se mense, en dat die Britte in hulle plek gekies is. As die redenasie van Studie 3 gevolg word, moet dit duidelik wees dat hierdie stellings onmoontlik nie regverdig kan word nie. Die volgende is net 'n paar van die baie bykomende punte wat gemaak kan word:

  • Alle mense is onder die vloek van die sonde (Romeine 3:23), en Christus het dus gesterf om alle mense van alle nasies die geleentheid te gee om gered to word. Dit maak nie saak wat ons herkoms is nie – as ons gedoop is in Christus word ons deel van die geestelike Israel (Galasiërs 3:27-29). Ons het opdrag gekry om die Evangelie aan die ganse mensdom te verkondig, en om die wat dit glo te doop (Markus 16:15,16); dus bestaan die nuwe Israel uit mense van alle volke, nie net die Britte nie.

  • Dit is baie moeilik om die oorsprong van die Britse en Amerikaanse mense te bepaal; hulle is 'n mengsel van oor die hele wêreld. Die feit dat iemand in een van hierdie lande gebore is, beteken nie dat hulle God se verkose mense is nie.

  • Die "British Israelites" sê dat die seëninge wat aan Abraham se saad belowe is, vervul is in die Britse mense, of hulle gehoorsaam aan God is of nie. Dit is egter teenstrydig met die herhaalde beginsel dat die seëninge van God afhang van gehoorsaamheid. Die hele Levitikus 26 en Deuteronomium 28 vertel van die seëninge wat Israel sal ontvang as hulle gehoorsaam aan Sy woord is, en die vloeke wat die gevolg van hulle ongehoorsaamheid sal wees. Om te sê dat God hierdie seëninge aan die Britte gegee het ongeag van hulle gehoorsaamheid aan Sy woord, en dikwels openlike ongehoorsaamheid daaraan, is sekerlik teenstrydig met die terme wat God neergelê het vir die seëninge.

  • Die implikasie dat God Sy volk, die mense van Israel, verwerp het en hulle vervang het met die Britte, is heeltemal teenstrydig met verse soos Romeine 11:1,2: "Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek (Paulus) is ook 'n Israeliet uit die nageslag van Abraham . . . God het sy volk wat hy vantevore geken het, nie verstoot nie."

  • Die Koninkryk van God was die Koninkryk van Israel in die verlede (2 Kronieke 9:8). Dit het 'n puinhoop geword as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, maar die Koninkryk sal hervestig word (Esegiël 21:25-27). Die Koninkryk sal terugkeer na Jerusalem (Miga 4:7,8) wanneer Jesus daar sal heers op Dawid se troon (Lukas 1:32).

Die volk van Israel wat tans verstrooi is, sal bymekaar gebring word van die verskillende wêrelddele waar hulle nou is: ". . . en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie." (Esegiël 37:21,22). Dit word tans vervul by wyse van die natuurlike Jode wat na hulle land terugkeer; die volle vervulling hiervan sal in die Koninkryk wees. Israel se huidige terugkeer na die land wys dat die Koninkryk binnekort sal kom.

Naskrif: Vir mense wat buitengewone belangstelling in hierdie onderwerp het, is daar 'n gratis boekie beskikbaar van die uitgewers : BRITISH ISRAELISM EXAMINED.


  Back
Home
Next