Bybele Beginsels
Studie 3: Die Beloftes Van God.
Die Beloftes Van God : Inleiding | Die Belofte In Eden | Die Belofte Aan Noag | Die Belofte Aan Abraham | Die Belofte Aan Dawid | Inset (Die Vernietiging Van Die Hemele En Die Aarde, Die Aansprake Van "Britse Israelisme") | Vrae

3.2 Die Belofte In Eden

Die patetiese verhaal van die mens se sondeval word vertel in Genesis hoofstuk 3. Die slang is vervloek omdat hy God se woord verkeerd aangehaal het, en toe vir Eva versoek het om ongehoorsaam daaraan te wees. Die man en die vrou is gestraf vir hulle ongehoorsaamheid. Maar 'n ligstraal verskyn in hierdie donker prentjie wanneer God vir die slang sź: ". . . Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt" (Genesis 3:15).

Hierdie vers is hoogs gekonsentreerd; ons moet baie noukeurig kyk na alles wat hier betrokke is. 'n "Saad" beteken 'n nakomeling of kind, maar dit kan ook verwys na die mense wat geassosieer word met die spesifieke "saad". Ons sal later sien dat Abraham se "saad" Jesus was (Galasiėrs 3:16), maar dat as ons "in" Jesus is wanneer ons gedoop word, ons ook die saad of nageslag is (Galasiėrs 3:27-29). Hierdie woord "saad" verwys ook na die idee van sperma (1 Petrus 1:23); so sal 'n ware kind (saad) die karaktertrekke van sy vader hź. Die slang se saad moet dus verwys na dit wat eie aan die slang is, wat 'n ooreenkoms daarmee het:-

  • Om God se Woord te verdraai

  • Om te lieg

  • Om ander in sonde in te ly.

Ons sal in Studie 6 sien dat dit nie 'n letterlike persoon is wat hierdie dinge doen nie, maar dat binne ons daar die volgende is:

  • "ons oue mens" van die vlees (Romeine 6:6)

  • "die natuurlike mens" (1 Korinthiėrs 2:14)

  • "die oue mens . . . wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan" (Efesiėrs 4:22)

  • "die oue mens met sy werke" (Kolossense 3:9)

Hierdie "mens" van sonde binne ons is die Bybelse "duiwel", die saad van die slang. Die saad van die vrou sou 'n spesifieke individu wees – "jy (die slang se saad) sal hom in die hakskeen byt" (Genesis 3:15). Hierdie persoon sou die slang se kop (d.i. die sonde) permanent vermorsel. Om 'n slang se kop te vermorsel is om hom dood te maak, aangesien sy brein in sy kop is. Die enigste persoon wat enigsins die saad van die vrou kan wees, moet die Here Jesus wees :-

  • "Jesus Christus, wat die dood (deur die kruis) tot niet gemaak het (en dus die mag van die sonde – Romeine 6:23), en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die Evangelie" (2 Timotheüs 1:10).

  • "God het . . . deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,"d.i. die Bybelse duiwel, die saad van dieslang (Romeine 8:3).

  • Jesus het "verskyn . . . om ons sondes weg te neem" (1 Johannes 3:5).

  • "Jy moet hom Jesus (dit beteken Verlosser) noem, want dit is hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Mattheüs 1:21).

Jesus was letterlik "gebore uit 'n vrou" (Galasiėrs 4:4), die seun van Maria, met God as sy Vader. Hy was dus in 'n sin ook die saad van die vrou, alhoewel dit deur God voorsien is. Hierdie saad van die vrou sou tydelik gewond word deur die sonde, die saad van die slang – "jy sal hom in die hakskeen byt" (Galasiėrs 3:15). 'n Slang se byt aan die hakskeen is normaalweg 'n tydelike wond, vergeleke met die vermorseling van die slang se kop, wat permanent is.

Die veroordeling van die sonde, die slang se saad, was in die eerste plek deur Christus se offer aan die kruis – let op hoe die verse wat ons bo aanhaal, wat van Christus se oorwinning oor die sonde praat, die verlede tyd gebruik. Die tydelike wond aan die hakskeen wat Jesus moes ly is dus 'n verwysing na sy dood. Sy opstanding na drie dae het bewys dat hierdie slegs 'n tydelik besering was, in vergelyking met die doodslag wat hy die sonde gegee het. Dit is interessant dat nie-Bybelse historiese rekords daarop dui dat slagoffers van kruisigings deur hulle hakke aan die hout gespyker is. So was Jesus "in die hakskeen gebyt" deur sy dood.

DIE KONFLIK VANDAG

Maar die vraag moes seker by u opgekom het: "As Jesus die sonde en die dood (die slang se saad) vernietig het, hoekom is al hierdie dinge dan nog vandag met ons?" Die antwoord is dat Jesus aan die kruis die mag van die sonde in homself vernietig het : die profesie van Genesis 3:15 gaan in die eerste plek oor die konflik tussen Jesus en die sonde. Dit beteken dan dat hy ons uitnooi om in sy oorwinning te deel, en ons ook uiteindelik die sonde en die dood kan oorwin. Die wat nie gevra word om in sy oorwinning te deel nie, of wat die uitnodiging van die hand wys, sal natuurlik nog steeds sonde en dood ondervind.

Alhoewel sonde en dood ook deur ware gelowiges ondervind word, kan hulle, deur verbintenis met die saad van die vrou, deur in Christus gedoop te word (Galasiėrs 3:27-29), vergifnis vir hulle sondes kry en sal hulle derhalwe uiteindelik gered word van die dood, wat die gevolg van sonde is. Dus het Christus in vooruitsig "die dood tot niet gemaak" aan die kruis (2 Timotheüs 1:10), alhoewel mense eers sal ophou sterf wanneer die Millennium eindig en God se doel met die aarde voltooi is. "Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood" (1 Korinthiėrs 15:25,26).

As ons "in Christus gedoop is" dan word die beloftes oor Jesus, soos die in Genesis 3:15, persoonlik van toepassing op ons; hulle is dan nie meer net interessante dele van die Bybel nie; hulle is profesieė en beloftes wat direk aan ons gemaak is! As die saad van die vrou sal ons ook die oorwinning oor die sonde in die kort termyn ondervind. As die Here nie in ons leeftyd terugkom nie, sal ons ook in die hakskeen gebyt word soos Jesus was, en sal ons ook sterf. Maar as ons waarlik die saad van die vrou is, dan sal hierdie "wond" net tydelik wees. Die wat behoorlik "in" Christus gedoop is deur onder water gedompel te word, verbind hulself met Sy dood en opstanding – gesimboliseer deur die opstaan uit die water (sien Romeine 6:3-5).

As ons die ware saad van die vrou is, sal ons lewens die woorde van Genesis 3:15 weerspieėl – daar sal 'n konstante konflik (vyandskap) binne ons wees, tussen reg en verkeerd. Die apostel Paulus het 'n byna skisofreniese konflik tussen sy geestelike- en vleeslike denke beskryf wat binne hom gewoed het (Romeine 7:14-25).

Na ons doop in Christus, behoort hierdie konflik met die sonde groter te word – en dit moet aangaan vir die res van ons dae. Dit is 'n moeilike stryd omdat die mag van die sonde so sterk is! Maar in 'n sin is dit tog nie, aangesien ons in Christus is, wat alreeds geveg en die konflik gewen het. Let op hoe die gelowiges beskryf word as 'n vrou in Efesiėrs 5:23-32, asof deur die saad van die vrou te wees, ons ook die vrou is.

Net soos die saad van die vrou beide Jesus en die wat probeer om sy karaktertrekke te hź, verteenwoordig het, so verteenwoordig die saad van die slang beide die sonde (die Bybelse "duiwel") en die wat die karaktertrekke van die sonde en die slang vrylik openbaar.

Sulke mense sal God se Woord verontagsaam of verdraai, en dit sal hulle uiteindelik lei na die skande van die sonde en vervreemding van God, presies wat met Adam en Eva gebeur het. Aangesien die Jode die eintlike mense was wat Jesus dood gemaak het (d.i. die saad van die vrou in die hakskeen gebyt het) kan dit verwag word dat hulle baie goeie voorbeelde was van die slang se saad. Dit word bevestig deur Johannes die Doper en Jesus:-

  • Maar toe hy (Johannes) baie van die Fariseėrs en Sadduseėrs (die groep Jode wat vir Jesus veroordeel het) na sy doop sien kom, sź hy vir hulle: Addergeslag wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan die kom is?" (Mattheüs 3:7).

  • "Maar Jesus het hulle (Fariseėrs) gedagtes geken en gesź . . . Addergeslag, hoe kon julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is?" (Mattheüs 12:25,34).

Die wźreld – selfs die godsdienstige wźreld – het hierdie selfde adder- of slangkaraktertrekke. Net die wat in Christus gedoop is word geassosieer met die saad van die vrou; al die ander is, tot 'n mindere of meerdere mate, die saad van die slang. Hoe Jesus die mense behandel het wat die slang se saad was, moet vir ons 'n voorbeeld wees:-

  • Hy het vir hulle gepreek in 'n gees van liefde en ware besorgdheid, tog

  • Het hy nie toegelaat dat hulle maniere en denke Hom beļnvloed nie, en

  • Hy het vir hulle die liefdevolle karakter van God gewys deur die manier waarop Hy gelewe het.

Ten spyte hiervan het hulle Hom gehaat. Sy eie pogings om gehoorsaam aan God te wees, het hulle jaloers gemaak. Selfs sy familie (Johannes 7:5 ; Markus 3:21) en goeie vriende (Johannes 6:66) het hulle van hom gedistansieer en selfs verlaat. Paulus het dieselfde ding ondervind toe hy teenoor die gekla het wat in die verlede deur dik en dun by hom gestaan het : "Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?" (Galasiėrs 4:14-16).

Die waarheid is nooit gewild nie; om bewus te wees daarvan en om dit uit te leef soos ons moet, sal altyd een of ander probleem vir ons skep, en kan selfs ly tot vervolging:- "Maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was (deur ware kennis van God se Woord – 1 Petrus 1:23), vervolg het, so is dit nou ook" (Galasiėrs 4:29). As ons werklik verenig is met Christus, moet ons lyding deurmaak, sodat ons ook deel kan hź in sy wonderlike beloning. Weer gee Paulus vir ons 'n uitstekende voorbeeld hiervan:-

"Dit is 'n betroubare woord; want as ons met hom (Christus) gesterf het, sal ons ook met hom lewe. As ons verdra (met Hom), sal ons met hom regeer . . . daarom verdra ek alles" (2 Timotheüs 2:10-12).

"As hulle My (Jesus) vervolg het, sal hulle jul ook vervolg . . . al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam" (Johannes 15:20,21) d.i. omdat ons in die naam van Jesus gedoop is (Handelinge 2:38; 8:16).

As ons hierdie verse lees, sal 'n mens dalk wil sź "As dit is wat om met Jesus, die vrou se saad, geassosieer te wees, stel ek nie belang nie." Maar dit sal nooit van ons verwag word om iets te doen wat ons nie in redelikheid kan hanteer nie. Terwyl self-opoffering beslis nodig is om onsself ten volle met Christus te verenig, sal ons assosiasie met Hom so 'n wonderlike beloning tot gevolg hź "dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie" (Romeine 8:18). Selfs nou kan ons gebede om hulp, a.g.v. die traumas van die lewe, deur sy offerande, soveel meer gewig dra met God. Voeg dan ook by die volgende wonderlike versekering, dik onderstreep in menige Christadelphian Bybel:-

"Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra" (1 Korinthiėrs 10:13).

"Dit het Ek vir julle gesź, dat julle in My vrede kan hź. In die wźreld sal julle verdrukking hź; maar hou goeie moed, Ek het die wźreld oorwin" (Johannes 16:33).

"Wat sal ons dan van hierdie dinge sź? As God vir ons is, wie kan teen ons wees?" (Romeine 8:31).


  Back
Home
Next