Bybele Beginsels
Studie 7: Die Oorsprong Van Jesus
Ou Testamentiese Profesieë Oor Jesus | Die Maagdelike Geboorte | Christus Se Posisie In God Se Plan | "In Die Begin Was Die Woord" (Johannes 1:1-3) | Inset (Die Historiese Jesus, "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal", Het Jesus Die Aarde Geskape?, "Voordat Abraham Was, Is Ek.", Melgisedek) | Vrae

Inset 23: "Ek Het Uit Die Hemel Neergedaal"

"Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. . . . Want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het " (Johannes 6:33, 38).

Hierdie en ander soortgelyke verse word misbruik om die verkeerde idee, dat Jesus in die hemel bestaan het voor sy geboorte, te bewys. Die volgende punte moet egter in ag geneem word :-

  1. Hierdie woorde word letterlik vertolk om die "drie-eenheid" te bewys. As dit egter so is, beteken dit dat Jesus op een of ander manier deur die lug aarde toe gesweef het. Die Bybel sê egter niks oor so iets nie, en dit sal die woorde, wat vertel dat Jesus as 'n baba in Maria se baarmoeder ontstaan het, sinneloos maak. Johannes 6:60 beskryf die leringe oor die manna as "woorde, hard om na te luister", met ander woorde ons moet begryp dat dit figuurlike taal is wat gebruik word.

  2. In Johannes 6 verduidelik Jesus dat die manna simbolies van homself was. Die manna is van God gestuur in die sin dat Hy verantwoordelik was vir die skepping daarvan op die aarde. Dit het nie letterlik (fisies) vanuit die troon van God in die Hemel afgesweef aarde toe nie. Die manna het op die aarde ontstaan (Numeri 11:7-9). Net so het Christus "uit die hemel gedaal" deurdat God sy oorsprong bewerkstellig het deur middel van Sy Heilige krag, sodat hy (Jesus) uit 'n maagd gebore kon word op aarde (Lukas 1:35).

  3. Jesus sê "die brood wat Ek sal gee, is my vlees . . ." (Johannes 6:51). Mense voer aan dat dit die "God" gedeelte van Jesus was wat uit die hemel gekom het. Jesus sê egter dat dit sy "vlees" was wat die brood is wat uit die hemel neergedaal het. Net so vergelyk Jesus die brood van die hemel met homself as "die seun van die MENS" (Johannes 6:62), nie "God die seun nie."

  4. In dieselfde gedeelte van Johannes 6 is daar talle bewyse dat Jesus nie gelyk aan God is nie. "Soos die lewende Vader my gestuur het" (Johannes 6:57), wys dat Jesus en God nie gelykes is nie. Verder is Johannes die doper ook "van God gestuur" (Johannes 1:6), maar dit beteken nie dat hy vanuit die hemel neergedaal het en deel van God was nie.

Die term "en Ek deur die Vader lewe" in Johannes 6:57 spreek ook nie van Jesus wat gelyk is aan God met betrekking tot ewigheid nie.


  Back
Home
Next