Bybele Beginsels
Studie 6: God En Onheil
God En Onheil | Die Duiwel En Satan | Duiwels | Inset (Toordery, Wat Het In Eden Gebeur?, Lucifer, Die Versoekinge Van Jesus, Oorlog In Die Hemel) | Vrae

Inset 19: Lucifer

" Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lę jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! En jy het in jou hart gesę: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!" (Jesaja 14:12-14).

Die Algemene Interpretasie:

Dit word aangeneem dat Lucifer eers 'n magtige engel was wat voor Adam se tyd gesondig het, en neergewerp is aarde toe, waar hy nou moeilikheid maak vir God se mense.

Opmerkings:

  1. Die woorde "duiwel", "Satan" en "engel" kom nooit in hierdie hoofstuk voor nie. Die woord "Lucifer" is ook nęrens in die hele skriftuur te vind nie.

  2. Daar is geen bewys dat Jesaja 14 enigiets beskryf wat in die tuin van Eden plaas gevind het nie; as dit so is, hoekom moet ons vir 3000 jaar wag van Genesis se tyd af, voordat ons hoor wat werklik daar gebeur het?

  3. Dit word van "môrester" gesę dat hy bedek is met maaiers en wurms (vers11) en getart word (vers 16) omdat hy geen meer mag het na sy uitwerping uit die hemel nie (verse 5-8); daar is dus geen rede om te glo dat Lucifer, of the duiwel, nou op aarde is en besig is om gelowiges te verlei nie.

  4. Waarom is die duiwel gestraf toe hy gesę het: "Ek wil opklim in die hemel" (vers 13), as hy alreeds daar was?

  5. Die "môrester" sou in die graf verrot: "Jou trots is neergewerp in die doderyk ...... onder jou is wurms as 'n bed gesprei" (vers 11). Die duiwel, of môrester, of Lucifer kan nie 'n engel wees nie, want engele kan die sterf nie (Lukas 20:35-36); die taalgebruik pas meer by 'n mens.

  6. Verse 13 en 14 hou verband met 2 Thessalonicense 2:3-4, wat gaan oor "die mens van sonde" - derhalwe is "môrester" 'n ander mens - nie 'n engel nie.

Voorgestelde verklarings:-

  1. Verskeie moderne vertalings van die Bybel (byvoorbeeld die Engelse NIV) sit hoofstukke 13-23 van Jesaja uiteen as 'n kommentaar oor verskeie nasies, byvoorbeeld Babilon, Tirus en Egipte. Jesaja 14:4 gee die konteks van die verse waarna ons kyk: "dan sal jy hierdie spotlied (gelykenis) aanhef oor die koning van Babel .......". Die profesie gaan dus oor die menslike koning van Babel, wat beskryf word as "môrester". Dit sę van sy val: "Die wat jou sien, beskou jou, ...... en sę: Is dit die man wat die aarde laat sidder het.......?" (vers 16). Dus is dit duidelik dat "môrester" 'n mens is.

  2. Omdat "môrester" 'n menslike koning was, kon " al die konings van die nasies ....... vir jou (die koning van Babel) sę: ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword"(Verse 9,10).. Môrester was dus 'n koning soos enige ander koning.

  3. Onthou dat hierdie 'n "spotlied (gelykenis) oor die koning van Babel" is (vers 4). Môrester (dit is wat die woord Lucifer beteken), is die helderste van die sterre. In die gelykenis besluit hierdie ster in sy trots om "op te klim in die hemel, my troon verhef bo die (ander) sterre van God" (vers 13). Dit is hieroor dat die ster neergewerp word aarde toe. Die ster verteenwoordig die koning van Babel. Daniël hoofstuk 4 verduidelik hoe Nebukadnesar, die koning van Babel, met trots die magtige koninkryk wat hy opgebou het, betrag, oortuig daarvan dat hy die ander nasies deur sy eie krag oorwin het, sonder om te dink daaraan dat dit God was wat vir hom die sukses gegee het. "U, o koning ........ wie se grootheid (trots) toegeneem het en ryk tot aan die hemel" (vers 22). Dit is om hierdie rede dat hy "uit die mensdom verstoot is en plante geëet het soos die beeste ...... sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos die van voëls" (vers 33).

  4. Hierdie skielike verootmoediging van een van die węreld se magtigste leiers na 'n waansinninge malmens was so 'n dramatiese gebeurtenis dat dit vergelyk is met die val van die môrester van die hemel of aarde toe. Sterre is simbolies van magtige persone, byvoorbeeld Genesis 37:9; Jesaja 13:10 (dit gaan oor die leiers van Babel); Esegiël 32:7 (die Egiptiese leier); Daniël 8:10, vergelyk vers 24. Opstyging na die hemel en val van die hemel is Bybelse idiome wat dikwels gebruik word wanneer verwys word na trots of verootmoediging respektiewelik - sien Job 20:6; Jeremia 51:53 (oor Babel); Klaagliedere 2:1; Mattheüs 11:23 (oor Kapernaum).

  5. Vers 17 beskuldig die môrester daarvan dat hy "die węreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie". Hierdie is beskrywings van Babel se militęre beleid wat hele gebiede tot die grond toe gesloop het (soos wat hulle met Jerusalem gemaak het), en gevangenes na ander gebiede vervoer het sodat hulle nie na hul tuisland kon terugkeer nie (soos hulle met die Jode gemaak het).

  6. Vers 12 sę dat die môrester "teen die aarde neergeslaan lę" – soos 'n boom wat neergevel is. Dit is 'n skakel met Daniël 4:8-16, waar Nebukadnesar en Babel vergelyk word met 'n boom wat afgekap word.


  Back
Home
Next