Bybele Beginsels
Bylae
1: Opsomming van Basiese Bybelse Leerstellings | 2: Ons houding teenoor die aanleer van die Bybelse waarheid | 3: Die Nabyheid van Christus Se wederkoms | 4: Die Geregtigheid van God

Bylae 1: Opsomming van Basiese Bybelse Leerstellings

  1. God
    1. Daar bestaan 'n persoonlike wese genaamd God,
    2. woonagtig in die hemel,
    3. met 'n werklikke, liggaamlike bestaan,
    4. na wie se beeld ons geskape is.
    5. Die Engele is sy boodskappers,
    6. hulle kan nie sondig nie,
    7. en hulle besit 'n Goddelike natuur.
    8. Die Bybel leer slegs een vorm van bestaan – 'n liggaamlike vorm.
    9. Die Christen hoop is om God se natuur met Christus se wederkoms te ontvang.
  2. Die Gees van God
    1. God se Gees verwys na Sy krag, Sy asem en Sy denke,
    2. waardeur Hy alles vermag
    3. en waardeur Hy alomteenwoordig is.
    4. Die Heilige Gees verwys na Sy krag wat aangewend word om spesifieke doelwitte te bereik.
    5. By verskeie geleenthede in die verlede, het die mens die wonderbaarlike gawes van die Gees besit.
    6. Hierdie gawes is egter onttrek.
    7. God se krag word nou aan ons geopenbaar deur Sy Woord.
    8. Die Heilige Gees dwing nie mense om teen hulle wil geestelik te wees nie.
    9. Die Bybel is volkome geïnspireer deur God se Gees.
    10. Die Bybel is die enigste outoriteit in ons verhouding met God.
  3. Die Beloftes van God
    1. Die Evangelie is reeds aan die Joodse voorvaders geopenbaar in die vorm van spesifieke beloftes.
    2. Die saad van die vrou in Genesis 3:15 verwys na Christus en die geregtigdes wat tydelik "beseer" is deur die sonde, die saad van die slang.
    3. In vervulling van God se beloftes, sal die gelowige nooit vernietig word nie.
    4. Abraham en Dawid se saad (nageslag) is Christus;
    5. ons kan in Christus wees deur geloof en die doop,
    6. sodanig het hierdie beloftes betrekking op opregte gedoopte gelowiges.
  4. God en die Dood
    1. Van nature is die mens sterflik, geneig om te sondig, en
    2. verdoem as gevolg van Adam se sonde.
    3. Christus het ook hierdie menslike natuur gehad.
    4. Die siel verwys na die "self", ons liggaam, ons denke, ons as persoon.
    5. Die Gees verwys na die lewenskrag/asem van ons wese.
    6. Geeneen kan bestaan as 'n gees sonder 'n liggaam nie.
    7. Die dood is 'n toestand van onbewustheid.
    8. Met Christus se wederkoms sal daar 'n liggaamlike opstanding plaasvind van die wat die ware Evangelie geken het.
    9. Kennis en begrip van God se woord sal die basis wees van die oordeel.
    10. Die gawe van onsterflikheid sal ontvang word met die oordeelsdag.
    11. Die straf van die verantwoordelike ongeregtigdes is die ewige dood.
    12. Hel verwys na die graf.
    13. ‘Gehenna’ was 'n gebied buitekant Jerusalem waar vullis en die lyke van kriminele verbrand is.
  5. Die Koninkryk van God
    1. Die volk Israel in die land Kanaän was die Koninkryk van God in die verlede.
    2. Hierdie Koninkryk is beëindig, maar sal hervestig word met Christus se wederkoms,
    3. en wel in die vorm van 'n wêreldwye Koninkryk op aarde, geregeer deur Christus namens God.
    4. Gedurende die eerste 1000 jaar ( of ‘Millennium’) van hierdie Koninkryk sal die opregte gelowiges regeer oor die gewone sterflike mense wat nog lewe met Christus se terugkeer.
    5. Hierdie Koninkryk is nog nie polities gevestig nie.
    6. Ons word gered in genade deur ons geloof, en nie deur ons werke nie.
  6. God en Euwel
    1. Die woord "duiwel" beteken ‘vals aanklaer’ of ‘lasteraar’.
    2. Die woord "satan" beteken ‘teenstander’,
    3. en kan na beide goeie en slegte persone verwys.
    4. Figuurlik gesproke kan duiwel en satan verwys na die sonde.
    5. Die slang in die tuin van Eden was 'n letterlike dier.
    6. Die Genesis verhaal van die mens se skepping en sondeval moet letterlik geïnterpreteer word eerder as in simboliese terme.
    7. "Demone" as bose geeste, ontslape geeste of kragte van die bose bestaan nie.
    8. Christus wat ‘geeste uitgedryf het’ moet verstaan word in die konteks van die taalgebruik van sy tyd, en dit beteken eenvoudig dat hy siekes genees het.
    9. ‘Lucifer’ verwys nie na 'n bose sondige engel nie.
    10. God is almagtig; Hy deel hoegenaamd nie Sy mag met 'n sondige wese wat Sy wil en weë teenstaan nie.
    11. Beproewinge in die lewe van die gelowige het hul oorsprong by God en is nie die resultaat van die noodlot of 'n bose wese genaamd die duiwel nie.
  7. Jesus Christus
    1. Die ‘drie eenheid’, soos algemeen aanvaar word deur die Christendom as 'n doktrine word nie in die Bybel geleer nie.
    2. Christus is gebore uit die maagd Maria,
    3. sy was 'n gewone vrou met 'n gewone menslike natuur.
    4. Jesus het 'n menslike natuur gehad,
    5. maar wel 'n perfekte, sondelose karakter.
    6. Alhoewel God nie vir Jesus gedwing het om nie te sondig nie, het Jesus gesterf as 'n perfekte sonde offer uit sy eie vrye wil.
    7. Jesus is opgewek na sy dood aan die kruis.
    8. Jesus het nie fisies bestaan voor sy geboorte nie;
    9. hy was wel van die begin af deel van God se plan.
    10. Jesus het gesterf as 'n offer vir ons sondes,
    11. sodat hyself en ons gered kan word van die dood.
    12. Jesus het as ons verteenwoordiger gesterf
    13. en nie as 'n plaasvervanger soos geglo word in die populêre Christendom nie.
    14. Die Wet van Moses het tot 'n einde gekom met Christus se dood,
    15. daarom is dit nie nodig dat ons die wet, insluitende die Sabbat, onderhou nie.
  8. Die Doop
    1. Sonder die doop is daar geen hoop op redding nie;
    2. geloof en die doop laat ons 'n deel hê in die beloftes aan Abraham,
    3. en dien ook vir die vergifnis van ons sondes.
    4. Die doop vind plaas deur die totale onderdompeling in water,
    5. deur 'n volwassene wat die evangelie verstaan.
    6. Diegene wat gedoop is sonder 'n volle begrip van die evangelie moet weer gedoop word.
    7. Begrip en kennis van die ware evangelie is 'n voorbehoud vir die doop om geldig te wees.
  9. Lewe in Christus
    1. Na die doop moet die gelowige 'n redelike poging aanwend om homself te weerhou van die weë van hierdie sondige wêreld,
    2. en 'n karakter soortgelyk aan Christus te ontwikkel.
    3. Deelname aan 'n beroep of wêreldse aktiwiteite wat noodwendig lei tot die verbreking van God se opdragte, bv. die gebruik van geweld of oormatige drank gebruik, is onversoenbaar met 'n ware Christelike lewe.
    4. Gedoopte gelowiges het 'n plig om gereeld te ontmoet in broederskap, wanneer en waar ookal menslik moontlik.
    5. Gedoopte gelowiges behoort gereeld saam brood te breek en wyn te drink in herinnering aan Christus se dood en opstanding.
    6. Gereelde gebed en die lees van die Bybel is noodsaaklik vir die gedoopte gelowige.
    7. 'n Gedoopte gelowige het slegs broederskap met diegene wat die ware geloof glo en beoefen.
    8. Diegene wat ophou om te glo en ophou om die ware geloof te beoefen, hou ook op om broederskap te deel met die liggaam van die ware gelowiges.

Nota: 'n Formele "Verklaring van die een Geloof" wat reeds in gebruik is vir meer as 100 jaar is beskikbaar van die uitgewers.


  Back
Home
Next