Bybele Beginsels
Study 9: Die Oorwinning Van Jesus
Die Oorwinning Van Jesus | Die Bloed Van Jesus | 'N Offerande Vir Ons En Homself | Jesus As Ons Verteenwoordiger | Jesus En Die Wet Van Moses | Die Sabbat | Inset (Die Kruis, Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?) | Vrae

Inset 29: Was Jesus Op Die 25ste Desember Gebore?

Nog 'n groot fout van populęre Christendom gaan oor Jesus se geboortedag. Die herders het met hul kudde in die veld geslaap ten tye van Jesus se geboorte (Lukas 2:8)hulle sou dit nie tydens Kerstyd, wat gedurende die winter in Israel plaasvind, gedoen het nie. Christus het vir 33 ˝ jaar geleef en toe tydens die paasfees gesterf. Hy moes dus 6 maande voor die Paasnaweek gebore gewees het – in die omgewing van September / Oktober.

Desember 25 was oorspronklik die datum van 'n heidense fees in voor-Christense Europa. Die boek van Handelinge wys hoe ware Christene deur die heidene vervolg was. Die apostels het gewaarsku dat sommige Christene heidense gelowe sou aanneem ten einde hul geloof meer aanvaarbaar te maak vir die heidene (bv. Handelinge 20:30 ; 1 Johannes 2:18 ; 2 Thessalonicense 2:3 ; 2 Petrus 2:1-3). Die aanneming van Desember 25 as 'n Christenfees is 'n uitstaande voorbeeld hiervan. Kersbome, geskenke ens. kan alles teruggevoer word na heidense praktyke wat op Desember 25 beoefen is.

Dit volg dus dat ware Christene nie die geboorte van Christus op Desember 25 moet 'vier' nie. In die praktyk sal ware gelowiges openbare vakansiedae gebruik om in gemeenskap met ander gelowiges te verkeer waar moontlik.